6 uur tuis, eet half 7

Bunny chow met hoenderkerrie

(4 – 6 porsies)

  • 30 ml olyfolie
  • 1 ui, fyngekap
  • 2 knoffelhuisies, fyngekap
  • 20 ml masala
  • 45 ml kerriepoeier
  • 6 hoenderborsies, in blokkies gesny
  • 1 x 400 ml-blik klappermelk
  • vars koljander, fyngekap
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • halwe witbrood, sagte binnekant uitgeskep

Verhit olyfolie in ‘n middelslagpot tot warm. Voeg ui en knoffel by. Braai vir 5 minute tot goudbruin. Voeg masala en kerriepoeier by. Braai vir nog 3 minute. Voeg hoender by en braai vir 5 minute of tot begin verkleur. Gooi klappermelk by en verlaag hitte. Laat stadig prut vir 15 – 20 minute. Roer koljander by en geur goed met sout en peper. Skep warm kerrie in uitgeholde brood en sit voor saam met die brood wat jy uitgehaal het.

  • nina

    nammm nammm ek,s mal daaroor