sk1010.6uur8
Pluimvee

Chorizo-en-hoenderkoeskoes

(4 – 6 porsies)

  • 45 ml olyfolie
  • 1 ui, gekap
  • 2 knoffelhuisies, gekap
  • 1 brandrissie, gekap
  • 4 (500 g) hoenderborsies
  • 4 (250 g) chorizo-worse, in ringe gesny
  • 100 g swart olywe, ontpit
  • 150 g (250 ml) koeskoes
  • 250 ml warm hoenderaftreksel
  • sout en varsgemaalde swartpeper

Verhit olyfolie tot warm in ‘n groot braaipan. Voeg ui, knoffel en rissie by. Braai liggies vir 3 minute of tot dit begin verkleur. Voeg hoender en chorizo by. Braai vir 10 – 15 minute of tot hoender gaar is. Verwyder van hitte en roer olywe by. Sprinkel koeskoes oor en gooi warm aftreksel by. Sit deksel op pan en laat stoom vir 5 minute of tot alle vloeistof geabsorbeer is. Geur goed met sout en swartpeper.

Wenk: Die hitte van die pan en warm aftreksel is genoeg om die koeskoes te laat gaar word.