Foto deur Micky Hoyle

Pluimvee

Die beste hoendermayo-broodjie

(4 porsies)

Verhit oond tot 180 °C. Plaas 8 repe strepiespek op ’n bakplaat en oondbraai tot bros. Vlok vleis van halwe gaar hoender. Meng dit met 75 ml romerige mayonnaise en geur met sout en varsgemaalde swartpeper. Plaas 4 snye brood op ’n werkoppervlak en sit ’n dun stuk mozzarella-kaas op elke sny. Skep hoendermayonnaise bo-op. Sny 2 tamaties in skywe en plaas op hoender op elke sny. Geur tamaties met sout en swartpeper. Sny 4 argurkies in skywe en plaas op tamaties saam met 2 stukke bros spek. Maak broodjies toe met nog 4 snye brood. Smeer weerskante liggies met botter. Verhit ’n pan en braai broodjies tot goudbruin.