Pluimvee

Fyngedrukte bone met hoender en spinasie

(4 porsies)

  • 4 x 400 g-blikke cannellini-bone, gedreineer
  • 90 ml groente-aftreksel
  • 5 ml paprika
  • 2 knoffelhuisies, fyngedruk
  • sout en vars gemaalde swartpeper

Sit die bone saam met die aftreksel in ‘n kastrol. Verhit en laat vir 5 minute kook. Druk die bone in dieselfde kastrol fyn en voeg die paprika en knoffel by. Geur met sout en peper. Hou warm terwyl jy die hoender gaarmaak.

  • 4 rooi-uie, in kwarte gesny
  • 10 ml olyfolie
  • 4 ontbeende hoenderborsies
  • sap van 4 suurlemoene
  • sout en vars gemaalde swartpeper
  • 300 g baba-spinasieblare

Pak die uie op ’n bakplaat, bedruip met olyfolie en rooster vir 10 – 15 minute teen 200 °C. Marineer die hoenderborsies vir 10 minute in die suurlemoensap. Geur met sout en peper. Verhit ‘n riffelpan en braai die hoenderborsies weerskante tot gaar. Was intussen die spinasie en soteer dit in ‘n warm pan tot dit net verwelk. Geur met sout en peper. Sit voor saam met die bone, uie en hoenderborsies.