Foto's deur Micky Hoyle

Foto's deur Micky Hoyle

Pluimvee

Geroosterde hoender met chorizo en sampioene

(4 porsies)
Verhit oond tot 200 °C. Plaas 8 hoenderdye (met vel en been) in ’n groot oondbak. Gooi sap van halwe suurlemoen, 30 ml olyfolie, 30 ml worcestersous en 2 fyngekapte knoffelhuisies oor en geur met sout en varsgemaalde swartpeper. Plaas oop in oond en oondbraai sowat 35 minute tot bruin. Voeg 250 g heel wit sampioene, 2 chorizo-worse, in skywe gesny, en 300 g klein rosa-tamaties by. Oondbraai verder vir nog 35 minute tot hoender gaar is. Rond af met vars basiliekruidblare.