Foto's deur Micky Hoyle

Foto's deur Micky Hoyle

Pluimvee

Geroosterde hoender vir kinders

Hou die hoender maar eenvoudig vir kinders. Besluit self of jy knoffel wil bysit – nie alle kinders hou daarvan nie.

  • 1 heel vryloop-hoender
  • sowat 50 g sagte botter
  • 1 knoffelhuisie, fyngekap (opsioneel)
  • 80 ml worcestersous
  • sap van 1 suurlemoen
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak

Bind die beentjies van die hoender vas met tou. Smeer sagte botter en knoffel oor die vel. Plaas in oondroosterbak en sprinkel worcestersous en suurlemoensap oor en geur met sout en peper.

Só rooster jy die hoender
Verhit oond tot 180 °C. Gooi sowat 100 ml olyfolie oor al drie hoenders en maak bak toe met tinfoelie. Sit in oond en haal tinfoelie ná 45 minute af. Rooster oop vir nog 1 uur tot gaar en mooi bruin. Laat hoenders afkoel tot kamertemperatuur en sit voor.