Pluimvee

Gesonder gekrummelde hoender

(4 porsies)

porsiegrootte: 1 dy en 1 boudjie

• 50 ml sonneblom- of canola-olie
• 4 hoenderboudjies en 4 dytjies (een 800 g-pak)
• 1 groot eier, geklits
• 3 ml sout
• varsgemaalde swartpeper na smaak
• 100 g mielievlokkies (Corn Flakes), grofgerol

Verhit oond tot 180 ºC. Voer ’n oondpan waarin hoenderporsies in ’n enkellaag kan lê met foelie uit – blink kant na bo. Gooi olie in en kantel sodat dit eweredig versprei. Plaas hoenderporsies in ’n vlak skottel en bedek met eier. Geur met sout en swartpeper. Dreineer hoenderporsies en bedek met mielievlokkie-krummels. Druk krummels effens vas. Pak hoender in voorbereide oondpan. Oondrooster vir 30 minute, draai versigtig om en oondrooster vir nog 30 minute tot bros en goudbruin. Sit hoender voor met gekookte jong aartappels of oondgebakte aartappelwiggies en ’n groenslaai.

Goue mielies

Die mielievlokkies gee – met minder olie – ’n bros tekstuur en goudbruin kleur.

Weg met vel

Jy kan nog sowat 8 g vet en 300 kJ per porsie spaar indien jy vooraf die hoendervel verwyder.

Olie verdwyn

Sowat 60% van die olie word tydens die gaarmaaktyd geabsorbeer.