FOTO Donna Lewis

FOTO Donna Lewis

6 uur tuis, eet half 7

Gestoofde hoender

4 porsies

• 45 ml olyfolie
• 1 ui, gekap
• 2 knoffelhuisies, gekap
• 250 g spek, gekap
• 4 hoenderborsies, in stukke gesny
• 60 ml witwyn
• 500 g sampioene
• 500 g baba-aartappels, gehalveer
• 250 ml hoenderaftreksel
• 250 ml room
• 45 ml tiemie, gekap
• naanbrode
• sout en varsgemaalde swartpeper

Verhit olyfolie in ‘n mediumgroot pot. Plaas ui en knoffel in pot en braai liggies vir sowat 5 minute of tot die ui begin verkleur. Voeg spek en hoender by en braai tot goudbruin. Voeg witwyn by en laat wegkook. Voeg sampioene, aartappels, aftreksel en room by. Roer tiemie by en verlaag hitte. Laat stadig stowe vir sowat 25 minute of tot dik en romerig. Geur goed met sout en swartpeper. Sit warm voor saam met naanbrode.

  • Marina

    Hoekom gebakte aartappels as daar reeds baba-aartappels in die gereg is ….glo dit is net vir die lekkerte….en ekstra kj….

  • Marina

    Hoekom gebakte aartappels as daar reeds baba-aartappels in die gereg is ….glo dit is net vir die lekkerte….en ekstra kj….