sk07muratie02
Pluimvee

Gestopte hoender

  • 1 heel hoender
  • 15 ml growwe sout
  • 1 groot ui, fyngekap
  • 5 ml sout
  • 10 ml botter
  • hand vol fyngekapte pietersielie
  • 5 ml witpeper
  • 250 ml vars broodkrummels
  • 6 gekapte hoenderlewers (opsioneel)
  • sout en witpeper na smaak
  • 15 klein uitjies
  • skeut witwyn

Spoel die hoender binne en buite af met gisteraand se oorskiet-witwyn. Besprinkel die holte met growwe sout en hou eenkant. Sit die ui saam met die sout, botter, pietersielie en witpeper in ‘n mikrogolfbakkie en mikrogolf vir 5 minute. (Dit kan ook in ‘n potjie op die stoof gedoen word, maar dié manier is baie makliker.) Meng die uiemengsel met die broodkrummels (en die opsionele hoenderlewers) en stop die hoender daarmee. Vryf die hoender met ‘n bietjie olie in en geur goed met sout en witpeper. Plaas die gestopte hoender met klein uitjies rondom in ‘n baksakkie . Gooi ‘n groot skeut witwyn en ‘n skeutjie water by. Bak vir 1½ tot 2 uur teen 180 °C in ‘n oondroosterpan. Haal uit die baksakkie en sit voor saam met bros aartappels.