sk060930min06
Pluimvee

Hoender-burgers

4 porsies – 30 minute

  • 30 ml botter
  • 1 ui, fyngekap
  • 1 knoffelhuisies, fyngekap
  • 500 g hoender-maalvleis
  • 1 sny brood, gerasper
  • 30 ml fyngekapte pietersielie
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • 80 g fyn broodkrummels
  • sonneblomolie, om burgers in te braai
  • 4 broodrolletjies
  • blaarslaai van jou keuse
  • 2 tamaties, in skywe gesny
  • 1 ui, in skywe gesny
  • 60 ml mayonnaise

Smelt botter in ’n pan. Braai ui en knoffel saam tot sag en deurskynend. Plaas hoender-maalvleis in ’n mengbak. Voeg gebraaide ui en knoffel by. Voeg gerasperde brood en pietersielie by. Geur met sout en swartpeper. Vorm vier groot patties en rol hulle in die broodkrummels. Verhit olie in ’n pan en braai die patties weerskante tot bruin. Sny die broodrolletjies oop en plaas ’n stuk blaarslaai op elke onderste helfte. Plaas ’n patty bo-op elkeen en rond af met tamatie- en uieskywe en mayonnaise.

WENK
As jy nie van knoffel hou nie, los dit net uit.