Foto's deur Donna Lewis

6 uur tuis, eet half 7

Hoender-en-kaaskebabs

(6 porsies)

30 minute

  • 4 hoenderborsies (sowat 500 g) in blokkies gesny
  • 250 g braaikaas
  • 45 ml olyfolie
  • sap van 2 suurlemoene
  • 1 hand vol gemengde kruie, gekap
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • 45 ml botter
  • 4 pita-brode

Ryg hoender en braaikaas om die beurt op 6 kebabstokkies. Meng olyfolie, suurlemoensap en kruie. Gooi bo-oor kebabs. Geur goed met sout en swartpeper. Verhit ‘n riffelpan tot baie warm en braai kebabs vir sowat 5 minute per kant of tot goudbruin en gaar. Terwyl kebabs braai, verhit ‘n braaipan en sit botter in. Braai pita-brode aan weerskante tot goudbruin en bros. Sit gaar kebabs voor met warm pita-brode.