FOTO Mickey Hoyle
SARIE KOS DES 13/JAN 14

FOTO Mickey Hoyle SARIE KOS DES 13/JAN 14

Pluimvee

Vinnige aandete met hoender-en-pynappel-quesadillas (stap vir stap)

Geblikte pynappel is nie net vir pizza nie. Dis heerlik saam met hoender in ’n quesadilla. Ons wys jou hoe maklik en vinnig jy dié lekkerny kan maak. 

genoeg vir 3 quesadillas

• 30 ml olyfolie
• 10 ontbeende hoenderdye, in repe gesny
• sap van halwe suurlemoen
• 1 knoffelhuisie, fyngekap
• 10 ml gekapte groen brandrissie
• sout en varsgemaalde swartpeper
• 300 g cheddarkaas
• 1 x 440 g-blik pynappelstukke, gedreineer
• 6 tortillas

Stap 1. Verhit olyfolie in ’n pan. Voeg hoenderstukke by en braai tot bruin. Voeg suurlemoensap, knoffel en rissie by en braai nog so 10 minute. Geur met sout en peper.

Mickey Hoyle

Stap 1

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Stap 2. Plaas ’n tortilla op ’n werkoppervlak en sprinkel kaas bo-op. Skep van die hoender op.

Mickey Hoyle

Stap 2

 

 

 

 

 

 

 

 

Stap 3. Rangskik pynappelstukke bo-op en sprinkel nog kaas oor. Maak toe met nog ’n tortilla om ’n quesadilla te vorm.

Mickey Hoyle

Stap 3

 

 

 

 

 

 

 

 

Stap 4. Verhit ’n kleefvrye pan. Die stoofplaat moenie warm wees nie, want dan sal die tortilla brand voor die kaas smelt. Plaas een quesadilla in pan. Druk effens plat met ’n eierspaan. Wanneer die kaas gesmelt is, draai versigtig om en braai aan die ander kant. Haal uit en hou eenkant warm. Braai res van die quesadillas. Sny elkeen in 4 en sit warm voor.

Mickey Hoyle

Stap 4