FOTO Micky Hoyle SARIE KOS JUN/JUL 2012

Pluimvee

Hoender in bier

Maak dit in die oond, op die stoof of selfs op ʼn vuur- soos potjiekos

(4 porsies)

• 40 ml olyfolie
• 1 pak hoenderstukke met 4 boudjies en 4 dye
• 6 klein piekeluitjies, gehalveer
• 2 knoffelhuisies, fyngekap
• 3 aartappels, geskil en in kwarte gesny
• 3 wortels, in skywe gesny
• sout en varsgemaalde swartpeper
• 2 lourierblare
• 1 bottel (340 ml) bier

Verhit oond tot 180 °C. Verhit olyfolie in diep oondpan. Braai die hoenderstukke tot mooi bruin. Haal hoender uit pan en hou eenkant. Braai uie en knoffel in dieselfde pan vir sowat 10 minute. Pak hoender terug in pan saam met aartappels en wortels. Geur met sout en peper. Voeg lourierblare en bier by. Maak toe met deksel en oondbraai sowat 1½ uur.

Wenk
Moenie die gereg roer nie – die hoender sal uitmekaar val. As dit lyk of dit wil droog word, kan jy nog bier byvoeg.