sk060930min02x
Pluimvee

Hoender in rooiwyn

4 porsies – 30 minute

  • 40 ml olyfolie
  • 250 g repiespek (streaky bacon), in blokkies gesny
  • 4 ontbeende hoender-borsies, gehalveer
  • 1 ui, gehalveer en in skywe gesny
  • 2 knoffelhuisies, fyngekap
  • 1 blik gekapte tamaties
  • 5 ml droë gemengde kruie
  • 1 lourierblaar
  • 200 ml rooiwyn
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak

Verhit olyfolie in ’n diep pan. Braai spek tot effens bros. Voeg hoender by en braai vir sowat 5 minute tot bruin. Voeg ui en knoffel by en braai vir sowat 1 minuut. Voeg res van die bestanddele by en geur met sout en swartpeper. Laat vinnig oop kook tot die sous effens dikker en die hoender gaar is. Sit voor saam met Franse brood of rys.