sk1003hoender02
Pluimvee

Hoender met chorizo-wors en swart olywe

(4 porsies)

  • 4 dy-en-boudhoenderporsies
  • 50 ml olyfolie
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
  • 1 rooi soetrissie, in dik repe van so 1 cm gesny
  • 1 geel soetrissie, in dik repe van so 1 cm gesny
  • 4 Spaanse chorizoworse, in skywe gesny
  • 4 knoffelhuisies, fyngekap
  • 1 blik (400 g) gekapte tamaties
  • 250 ml rooiwyn
  • 200 g swart olywe, ontpit
  • 2 lourierblare
  • 2 ml paprika

Verhit oond tot 200 °C. Plaas hoenderporsies in ‘n oondroosterbak. Gooi olyfolie oor en geur met sout en swartpeper. Plaas in die oond vir sowat 20 minute totdat vel van hoender bruin is. Verlaag temperatuur tot 180 °C. Voeg res van bestanddele by en oondrooster vir nog sowat 1 uur. As die sous te min word, kan jy ‘n klein bietjie water of nog rooiwyn byvoeg.

Om te drink: ‘n Chianti uit italië. Kyk by Woolworths, hulle het bekostigbare chianti. Drink dieselfde wyn as wat jy in die gereg gebruik.