Lee Malan

Pluimvee

Hoender met kruisement-amandel-en-songedroogde-tamatie-kors

‘n Vinnige ete

genoeg vir 4
gaarmaaktyd: 30 minute
• 4 hoenderborsies, met vel en been
• 250 ml hoenderaftreksel
• 500 ml vars broodkrummels
• 100 ml olyfolie
• klein hand vol vars kruisement, gekap
• 250 g songedroogde tamaties, gekap
• 50 g amandels, grofgekap
• 500 g bevrore ertjies
• 200 g kersietamaties
• 4 knoffelhuisies, gehalveer
• sout en varsgemaalde swartpeper
• 20 g mikrokruie

Verhit oond tot 220 °C. Plaas hoenderborsies in ’n mikrogolfbak met deksel, voeg aftreksel by en stoom met deksel op vir 15 minute op 100% krag. Meng broodkrummels, 80 ml olyfolie, kruisement, songedroogde tamaties en amandels. Plaas hoenderborsies in oondbak, en skep broodkrummelmengsel bo-op elke borsie. Pak ertjies, kersietamaties en knoffel rondom borsies en sprinkel 20 ml olyfolie oor. Geur met sout en peper. Oondbraai
sowat 15 minute tot gaar. Sprinkel mikrokruie oor.