FOTO Micky Hoyle

Pluimvee

Hoender met preie en soetrissies

Eenpotgeregte: Dis die lekkerste manier van kook. Gooi alles saam – vleis, groente, kruie – en proe hoe goed pas al die geure in net een pot

(4 porsies)

• 30 ml olyfolie
• 650 g ontbeende hoenderdye (sonder vel), sowat 15 stukkies
• 10 preie, in skywe gesny
• 250 g portabellini-sampioene, gehalveer
• 2 knoffelhuisies, fyngekap
• 2 rooi soetrissies, in blokke gesny
• 1 blik (400 g) gekapte tamaties
• 3 takkies vars tiemie
• 250 ml rooiwyn
• sout en varsgemaalde swartpeper

Verhit olyfolie in diep pan. Braai hoender tot bruin. Voeg preie, sampioene, knoffel, soetrissies, tamaties, tiemie en wyn by. Geur met sout en peper. Maak toe met deksel. Verlaag hitte van stoofplaat en laat prut sowat 11/2 uur.