Foto's deur Micky Hoyle

Pluimvee

Hoender-roerbraai

(4 porsies)
Meng 400 g hoenderborsies (vel verwyder en ontbeen), in repe gesny, 5 ml gerasperde vars gemmer, 15 ml sojasous, 15 ml heuning, 15 ml worcestersous, 15 ml olyfolie, 2 knoffelhuisies, fyngekap, en 3 ml gekapte groen brandrissie. Laat marineer so 10 minute. Verhit ’n wok of diep pan tot baie warm en roerbraai hoender vir 5 minute. Voeg 1 rooi soetrissie, in lang repe gesny, 1 geel soetrissie, in repe gesny, 2 sprietuie, diagonaal gesny, en ’n hand vol vars koljander by en braai vir nog 10 minute. Voeg 400 g vars noedels, 200 g baba-spinasieblare, 15 ml sojasous, 15 ml worcestersous en ’n hand vol mungboontjiespruite by en roerbraai deur vir 1 minuut. Sit dadelik voor.