Pluimvee

Hoender-schnitzel

4 porsies
Plaas ’n stuk kleefplastiek op jou werkoppervlak. Plaas 4 ontbeende hoenderborsies bo-op. Daar moet heelwat spasie tussen die borsies wees, want jy gaan dit plat kap. Plaas ’n stuk kleefplastiek bo-op vleis. Gebruik ’n koekroller en kap die borsies platter. Geur met sout en peper. Klits 3 eiers en gooi in ’n plat bakkie. Gooi sowat 400 ml droë broodkrummels in ’n ander bakkie. Doop hoenderborsies in geklitste eier en dan in broodkrummels. Die borsie moet heeltemal bedek wees met krummels. Herhaal die proses. Plaas hoenderborsies in die yskas vir so 20 minute voor jy dit braai. Verhit 100 ml olyfolie in ’n pan. Dit moenie te warm wees nie. Braai die borsies sowat 10 minute aan elke kant tot goudbruin en gaar. Dreineer op kombuispapier en sit voor saam met bronkors, mayonnaise en suurlemoenwiggies.

  • Alta Jonker

    Klink heerlik!

  • MARIE NEL

    OEE! DIT WAS FANTASTIES!!!!