Foto deur Micky Hoyle

SARIE KOS JUN/JUL 2012

Foto deur Micky Hoyle SARIE KOS JUN/JUL 2012

Pluimvee

Hoender-tagine

(4 porsies)

  • 30 ml olyfolie
  • 1 heel hoender
  • 4 uie, in kwarte gesny
  • 1 blik (400 g) gekapte tamaties
  • 5 ml fyn koljander
  • 5 ml fyn komyn
  • 2 knoffelhuisies, fyngekap
  • 3 rooi soetrissies, in repe gesny
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • sap van halwe suurlemoen

Verhit olyfolie in tagine-pot. Braai hoender versigtig tot net bruin. Pak res van bestanddele in tagine en geur met sout, peper en suurlemoensap. Maak toe met tagine-deksel en stel stoofplaat op laagste temperatuur. Laat prut sowat 2 uur. As hoender te vaal is wanneer gaar, verhit oond se roosterelement, sit tagine- bak in oond en verbruin vel.

OM TE WEET
ʼn Tagine is ʼn Marokkaanse gereg wat die naam dra van die spesiale pot waarin dit gaargemaak word. Tradisioneel word ʼn van klei gemaak. Die dekselis só ontwerp dat doe vloeistof wat teen die wande kondenseer weer in die gereg terug.