Pluimvee

Hoender-voupakkies

Maak die wraps sommer van Sondag se oorskiet.

genoeg vir 4

• 4 tortillas
• 120 ml roomkaas
• 4 groot kropslaaiblare (iceberg)
• 400 g oorskiet-hoender, gevlok
• ½ komkommer, in lang stokkies gesny
• 2 wortels, geskil en gerasper
• 2 avokado’s
• sout en varsgemaalde swartpeper

« »

1. Plaas ’n slaaiblaar in middel, gevolg deur 100 g hoender, ’n paar komkommerstokkies, bietjie wortel en ’n halwe avokado

2. Geur goed met sout en peper. Rol tortilla op in ’n stywe pakkie. Halveer met skerp mes. Herhaal met res van bestanddele.