Foto deur Micky Hoyle

SARIE KOS APRIL/MEI 2013

Foto deur Micky Hoyle SARIE KOS APRIL/MEI 2013

Pluimvee

Hoenderborsies gevul met songedroogde tamaties en bokmelkkaas

ʼn Hoenderborsie is so te sê gemaak om gevul te word
(genoeg vir 4)

  • 4 hoenderborsies, met vel en been
  • sowat 16 vars basiliekruidblare
  • 8 songedroogde tamaties, in olie gemarineer
  • 100 g chevin-bokmelkkaas, in skywe gesny
  • 30 ml olyfolie
  • sap van 1 suurlemoen
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • 200 g klein rosa-tamaties, kwarte gesny
  • hand vol vars basiliekruidblare, grofgekap

Verhit oond tot 180 °C. ontbeen die hoenderborsies, maar los die vel aan. Sny ’n diep keep aan die kant van elke borsie. vou effens oop. Sit 3 basiliekruidblare in elk. Pak 2 songedroogde tamaties op die blare en sit dan so 2 snye bokmelkkaas bo-op. vou borsies toe en steek kante toe met tandestokkies. Sprinkel olyfolie in ’n oondbraaibak en pak gevulde hoenderborsies in. gooi suurlemoensap oor en geur met sout en peper. oondbraai sowat 45 minute in warm oond tot gaar. Haal uit en laat staan sowat 10 minute. Halveer hoenderborsies en plaas op opdienbord. Meng tamatiekwarte en basiliekruidblare en sprinkel bo-oor.