Foto deur Micky Hoyle

SARIE KOS APRIL/MEI 2013

Foto deur Micky Hoyle SARIE KOS APRIL/MEI 2013

Pluimvee

Hoenderborsies met chorizo en bone

ʼn Konkoksie van bestanddele wat perfek by mekaar pas.
(genoeg vir 4)

  • 30 ml olyfolie
  • 4 hoenderborsies, met vel en been
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • sap van 1 suurlemoen
  • 45 ml olyfolie
  • 4 piekeluie, gehalveer
  • 225 g chorizo (Spaanse wors), in skywe gesny
  • 2 knoffelhuisies, fyngekap
  • 1 rooi soetrissie, ontpit en in blokke van sowat 2 cm gesny
  • 1 x 400 g-blik gekapte tamaties
  • 250 ml rooiwyn
  • 2 x 400 g-blikke cannellini-bone, gedreineer en afgespoel
  • 100 g heel ontpitte groen olywe
  • 1 ml gerookte paprika
  • 3 takkies vars tiemie
  • 2 lourierblare

Verhit oond tot 180 °C. Gooi 30 ml olyfolie in oondbraaibak. Sit hoenderborsies in, velkant na bo, en geur met sout en peper. Sprinkel suurlemoensap oor en oondbraai sowat 30 minute tot vel mooi bruin is. Haal uit oond en hou eenkant. Verhit die 45 ml olyfolie in ’n diep pan wat jy in die oond kan plaas. Braai uie so 10 minute tot effens bruin. Voeg chorizo by en braai sowat 10 minute. Voeg res van bestanddele by en verlaag hitte van stoofplaat. Laat sowat 5 minute oop prut en sit dan die hoender in die sous. Maak pan toe met deksel en plaas in oond vir sowat 30 minute. Haal deksel af en laat oop oondbraai vir sowat 20 minute tot sous effens verdik het.

Wenk
Jy kan die cannellini-bone met geblikte botterbone vervang, maar onthou, botterbone smaak soeter.