Foto deur Micky Hoyle

Foto deur Micky Hoyle

Pluimvee

Hoenderborsies met parmesaankaas-kors

(4 porsies)

Verhit oond tot 180 °C. Meng 500 ml droë broodkrummels met 200 g gerasperde parmesaankaas. Geur 8 ontbeende hoenderborsies (sonder vel) met sout en varsgemaalde swartpeper. Klits 4 eiers in ’n plat bakkie. Doop die hoenderborsies eers in die eier en rol dan in die broodkrummel mengsel. Herhaal die proses met al die hoenderborsies. Sprinkel sowat 30 ml olyfolie op ’n bakplaat en plaas borsies bo-op. Sit in warm oond en oondbraai sowat 30 – 35 minute tot gaar. Sit voor saam met groenslaai en vars suurlemoenwiggies.