Foto deur Micky Hoyle SARIE KOS JUN/JUL 2012

Pluimvee

Hoenderborsies toegedraai in spek

(4 porsies)

  • 4 ontbeende hoenderborsies, sonder vel
  • 250 g strepiespek
  • 30 ml olyfolie
  • 300 g klein rosa-tamaties, gehalveer
  • 2 knoffelhuisies, fyngekap
  • sap van halwe suurlemoen
  • 3 Mediterreense aartappels, geskil en in skywe gesny
  • sowat 4 takkies vars tiemie
  • sout en varsgemaalde swartpeper

Verhit oond tot 180 °C. Draai hoenderborsies toe in spek. Gooi olyfolie in diep oondpan. Plaas hoender in pan en sit pan oop in oond. Oondbraai tot spek bruin word. Sit res van bestanddele in pan en geur met sout en peper. Plaas terug in oond vir sowat 45 minute tot aartappels sag en hoender gaar is.

  • Joyce Richards

    Ek soek asseblief die resep van die melktert waarna die persoon wat die pampoenkoekiesresep se prys gewen het,verwys. Ek kry nie my Sarie Kos met dit in nie en vermoed dis een wat ek miskien, per abuis, saam met ander tydskrifte weggegee het.

    Ons is Pensionarisse wat nie meer al die lekker,sommige baie ryk kos, mag eet nie,maar ek lees die boek,waarop my dogter vir my ingeteken het soos ‘n storieboek!