sk0812burgers05
Pluimvee

Hoenderburger

(4 porsies)

  • 100 ml olyfolie
  • 45 ml sjerrie
  • 7 ml paprika
  • 2 ml fyn komyn
  • sout en varsgemaalde swartpeper  na smaak
  • 4 ontbeende hoenderborsies, sonder vel
  • 40 ml olyfolie
  • 1 Franse brood, in 4 verdeel
  • 1 rooi-ui, in skywe gesny
  • guacamole

Meng die olyfolie, sjerrie, paprika en komyn in ’n bakkie. Geur met sout en swartpeper. Plaas die hoenderborsies in die sous en sorg dat hulle goed bedek is. Laat vir so 20 minute marineer. Verhit die olyfolie in ’n swaarboompan. Braai die borsies weerskante tot gaar. Halveer elke stuk brood en rooster dit onder die rooster-element van jou oond. Plaas van die uieskywe op die onderste helfte, en dan ’n hoenderborsie. Skep van die guacamole bo-op en sit voor.

Om te drink

Du Toitskloof 2008 Sauvignon Blanc.