Hoenderdy-kebabs met proscuitto

Hoenderdy-kebabs met proscuitto FOTO Micky Hoyle

Pluimvee

Hoender-kebabs met prosciutto

Braaivleis op ’n stokkie
Somer en son is sinoniem met vakansie in Suid-Afrika – en natuurlik ook braaivleis. Ek hou veral van kebabs, want dit braai maklik in ’n toeklaprooster.

Die meeste mense hou van hoenderkebabs. Ek marineer die gevulde hoenderdy-kebabs met proscuitto in jogurt, wat dit ’n heerlike Mediterreense geur gee.

genoeg vir 5

• 15 ontbeende hoenderdye, sonder vel
• 15 basiliekruidblare
• sowat 8 velle prosciutto, gehalveer
• 5 kebabstokke, in water geweek

Marinade
• 250 ml volroom-jogurt
• hand vol vars basiliekruidblare, gekap
• 2 knoffelhuisies, fyngekap
• sap van 1 suurlemoen
• 45 ml olyfolie
• sout en varsgemaalde swartpeper

Vou dy oop en pak ’n basiliekruidblaar binne-in. Plaas ’n stuk prosciutto bo-op en vou dy toe. Herhaal met res van dye. Ryg 3 gevulde dye op ’n kebabstokkie en plaas kebabs in ’n plat bak. Meng al die bestanddele vir die marinade en geur met sout en peper. Gooi marinade oor kebabs en maak seker die kebabs is weerskante goed bedek. Marineer sowat ’n uur. Kry die kole gereed. Braai die kebabs eers taamlik hoog bo die kole. Verf die vleis elke nou en dan met marinade en draai af en toe om. Wanneer die hoender gaar is, laat sak die rooster tot nader aan die kole en braai kebabs weerskante tot mooi bruin. Sit warm voor.

Hoenderdy-kebabs met proscuitto

FOTO Micky Hoyle