Foto deur Lee Malan SARIE KOS APRIL/MEI 2013

Pluimvee

Hoenderfrikkadelle in kerriesous

Die geheim van frikkadelle is om die gaar vleismengsel lekker los te kry.
Sowat 15 – 20 frikkadelle
(Genoeg vir 4 – 6)
Gaarmaaktyd: 30 minute

  • 500 g hoendermaalvleis
  • 1 ui, fyngekap
  • 2 knoffelhuisies, fyngekap
  • hand vol vars koljander, gekap
  • paar grasuie, gekap
  • skil van 1 suurlemoen, gerasper
  • 5 cm vars gemmer, gerasper
  • 15 ml suiker
  • 5 ml brandrissie-vlokkies
  • 500 ml hawermout
  • 250 ml kookwater
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • 30 ml olyfolie

Kerriesous

  • 1 x 400 ml-blik klappermelk
  • 90 ml korma-kerriepasta
  • 4 naanbrode
  • 1 x 120 g-houertjie tzatziki

Verhit oond tot 200 °C. Meng al die bestanddele vir die frikkadelle, buiten die olyfolie. Gooi nou die olyfolie in ’n oondpan, rol frikkadelle van die vleismengsel en pak teenmekaar. Bak sowat 15 minute. Maak intussen die kerriesous. Meng die klappermelk met die kerriepasta en gooi oor frikkadelle. Bak nog 15 minute. Sit voor met naanbrood en tzatziki.

Wenk
Frikkadelle is altyd lekker die volgende dag, op ’n broodjie of in ’n pasta. Jy kan die resep ook met varkmaalvleis maak.