Pluimvee

Hoenderlewerpatee

(6 porsies)

  • 45 ml ongesoute botter
  • 1 ui, fyngekap
  • 2 knoffelhuisies, fyngekap
  • 500 g hoenderlewers
  • 80 ml brandewyn
  • 5 ml droë tiemie
  • 250 ml room
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
  • 50 ml ongesoute botter, gesmelt
  • vars lourierblare om te garneer

Smelt die 45 ml botter in ’n pan. Braai die ui en knoffel tot sag en deurskynend. Voeg die hoenderlewers by en braai vir 5 – 10 minute. Die lewertjies moet nog pienk in die middel wees. Voeg die brandewyn en tiemie by en braai vir so 3 minute. Gooi die mengsel in jou voedselverwerker en maak baie fyn. Voeg die room by en meng goed. Geur met sout en swartpeper. Skep die mengsel in ’n bak of klein bakkies en gooi die 50 ml gesmelte botter oor. Versier met vars lourierblare en plaas in die yskas. Laat staan verkieslik oornag.