FOTO Micky Hoyle

FOTO Micky Hoyle

Kos

Hoenderpastei op die kole

(6 porsies)

• 1 ui, gekap
• 2 knoffelhuisies, fyngekap
• 45 ml olyfolie
• 1 gaar hoender, gevlok van die bene af
• 250 ml room
• sout en varsgemaalde swartpeper
• 2 x 400 g-rolle blaardeeg

Verhit olyfolie in ’n mediumgroot pot. Voeg uie en knoffel by. Braai vir sowat 3 – 5 minute. Voeg hoender by en braai vir nog 5 minute. Gooi room by en verlaag hitte. Laat stadig prut vir 5 – 8 minute of tot room met die helfte verminder het. Die mengsel moet dik en romerig lyk. Geur goed met sout en swartpeper. Plaas een rol blaardeeg op skoon werkoppervlak. Skep mengsel bo-op en versprei eweredig. Los omtrent 2 cm-deegrand rondom oop. Rol die tweede rol blaardeeg bo-oor. Druk die twee velle met ’n vurk aan mekaar vas. Plaas die pastei in ’n skoon toeklaprooster. Braai oor medium-warm kole vir sowat 15 – 20 minute per kant of totdat dit heeltemal goudbruin en gaar is.