Foto's deur Micky Hoyle

Lae GI

Hoenderroerbraai met brandrissiesous

(4 porsies)
porsiegrootte: 1 skep

  • 10 – 20ml olyf- of avokado-olie
  • 500 g vellose hoenderfilette, in repies gesny
  • 1 middelslag- rooi soetrissie, ontpit, in repies gesny (150 g)
  • 1 middelslag- groen soetrissie, ontpit, in repies gesny (150 g)
  • 100 g gekapte ui
  • 5 ml gekapte knoffel
  • 90 ml soet brandrissiesous
  • 30 ml blatjang
  • 60 ml All Gold Lighttamatiesous
  • 30 ml worcestersous
  • 125 ml kookwater
  1. Verhit van die olie enroerbraai hoenderrepies bietjies-bietjies op ‘n slag tot geseël. Hou warm. Voeg meer olie by soos nodig en roerbraai soetrissie, ui en knoffel tot ui deurskynend is. Voeg hoenderrepies by die gebraaide mengsel.
  2. Meng die soet brandrissiesous, blatjang, tamatiesous, worcestersous en kookwater. Voeg by die vleismengsel en roerbraai tot die sous effe verdik is.

VARIASIES EN OPMERKINGS:

  • SPYSKAART-IDEE 1

Hoenderroerbraai met soet brandrissiesous
Bruinrys met lensies
Pynappel- en komkommerblokkies

  • SPYSKAART-IDEE 2

Hoenderroerbraai met soet brandrissiesous
Gekookte pastaskulpe
Gestoomde ertjies

VOEDINGSTOF-ANALISE PER PORSIE

GI laag (16)
• 1 008 kJ • koolhidrate 18g • Vesel 4,3g • proteïene 29g
• vet 4 g •MoVs 1,3 g • poVs 0,9 g • cholesterol 72 mg
• 1 skep hoenderroerbraai (sonder res van spyskaart-idees) is
gelykstaande aan: 3 laevet-proteïene + ½ stysel + 1 groente