Pluimvee

Korrelmosterd-babahoenders

(genoeg vir 8)

  • 2 uie, in kwarte gesny
  • 4 wortels, in ringe gesny
  • 250 ml witwyn
  • 500 ml hoenderaftreksel
  • hand vol harde kruie (roosmaryn, tiemie en origanum)
  • 8 babahoenders (of 1 grote)
  • 60 ml korrelmosterd
  • 4 knoffelhuisies, fyngekap
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
  • 400 g vars aspersies

Verhit oond tot 200 °C. Plaas ui en wortels in oondroosterpan en voeg witwyn en hoenderaftreksel by. Druk harde kruie in elke hoender se buik. Plaas hoenders in oondroosterpan, smeer met mosterd en strooi knoffel oor. Geur goed met sout en swartpeper. Bedek pan met foelie en rooster vir 45 – 60 minute, of ’n uur tot ’n uur en ’n half as jy net een groot hoender gaarmaak. Ver wyder foelie en pak aspersies in pan. Rooster oop vir nog 20 – 30 minute of tot goudbruin en gaar. Skep groente in opdienbord en plaas hoenders bo-op. Sit voor.