sk1003hoender05
Pluimvee

Maklike gekrummelde hoender

genoeg vir 4 porsies

• 4 hoenderboudjies
• 4 hoenderdye
• 1 eier, geklits
• sout en varsgemaalde swartpeper
• 150 ml sonneblomolie
• 100 g droë broodkrummels

Verhit oond tot 180 °C. Plaas hoender in ‘n groot mengbak. Gooi eier oor hoender en maak seker elke stukkie word bedek. Geur met sout en swartpeper. Gooi sonneblomolie in ‘n oondbak wat groot genoeg is dat hoenderstukke langs mekaar kan lê. Gooi broodkrummels in ‘n plastieksak. Sit hoenderstukke een-een in sak en skud goed totdat hoender goed met krummels bedek is. Plaas hoender in oondroosterbak. Oondrooster vir sowat 30 minute en draai hoender om. Oondrooster vir nog 30 minute. Maak seker hoender is mooi goudbruin en bros. Sit voor saam met aartappelwiggies

Om te drink: Mooiplaas Chenin Blanc