FOTO Micky Hoyle

Pluimvee

Ontbeende hoenderborsies met sampioensous en spek

ʼn Hoenderborsie sonder been en vel is geneig om droog te wees, maar hierdie sous maak dit heerlik sappig.

(genoeg vir 4)

• 4 ontbeende hoenderborsies, sonder vel
• 30 ml olyfolie
• sap van 1 suurlemoen
• sout en varsgemaalde swartpeper
• 40 ml olyfolie
• 400 g groot bruin sampioene, in skywe gesny
• 3 knoffelhuisies, fyngekap
• 1 groen brandrissie, fyngekap (opsioneel)
• 250 ml room
• 2 lourierblare
• 250 g strepiespek (streaky)
• 30 ml fyngekapte Italiaanse pietersielie

Verhit oond tot 180 °C. Plaas hoender in ’n bak en gooi 30 ml olyfolie en suurlemoensap oor. Geur met sout en peper en laat staan so 10 minute. verhit ’n riffelpan en braai hoenderborsies weerskante tot mooi bruin. Hou eenkant. Verhit die 40 ml olyfolie in ’n ander pan en voeg sampioene by. Braai so 10 minute. Voeg knoffel, rissie, room en lourierblare by. Geur met sout en peper. verlaag hitte en laat prut so 10 minute. Plaas borsies in sous en laat oop verder prut op stoofplaat vir nog so 15 minute. Pak spek op ’n bakplaat en oondbraai tot gaar en bros. Sit saam met hoender in opdienbak en sprinkel pietersielie oor.