FOTO: Donna Lewis

FOTO: Donna Lewis

Pluimvee

Oondgebraaide chardonnay-hoender-en-ertjies

Ek is ’n alles-in-een-bak-mens. Dis min moeite en gee jou kans om ná werk met jou huismense te kuier en ontspan.

genoeg vir 6 – 8

  • 8 hoenderdy-en-boudporsies
  • 2 uie, in kwarte gesny
  • 4 knoffelhuisies, grofgesny
  • 2 groot chorizo-worse
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • 45 ml olyfolie
  • sap en skil van 2 suurlemoene
  • 375 ml witwyn (chardonnay)
  • 250 ml hoenderaftreksel
  • 300 g bevrore ertjies

Verhit oond tot 180 °C. Plaas hoender in groot plat oondroosterbak. Pak uie, knoffel en chorizo bo-op hoender. Geur goed met sout en peper. Sprinkel olyfolie, suurlemoenskil en -sap oor. Voeg wyn en aftreksel by. Maak pan toe met foelie en bak vir 2 uur. Haal uit oond en voeg ertjies by. Bak oop vir ’n verdere 30 minute of tot hoender begin verbruin. Sit warm voor.