Foto deur Micky Hoyle SARIE KOS DES 2012/JAN 2013

Pluimvee

Oondgebraaide hoender met ’n soort van ratatouille

(Genoeg vir 4)
Oondbraaityd: sowat 1½ uur
Oondgebraaide hoender

  • 4 hoenderboudjies
  • 4 hoenderdytjies
  • sowat 30 ml olyfolie
  • 150 ml worcestersous
  • sap van 1 suurlemoen
  • 3 knoffelhuisies, in skyfies gesny
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • 1 groot ui, in wiggies gesny

Verhit oond tot 200 °C. Plaas hoender in oondbraaibak en gooi olyfolie oor. Gooi worcestersous en suurlemoensap oor. Voeg knoffel by en geur met sout en peper. Plaas ook ui in bak en maak toe met tinfoelie. Sit in oond. Haal tinfoelie so halfpad deur gaarmaakproses af en oondbraai verder oop. Sit voor met ratatouille.

Soort van ’n ratatouille

  • 30 ml olyfolie
  • 1 rooi-ui, fyngekap
  • 300 g klein rosa-tamaties, gehalveer
  • 2 knoffelhuisies, fyngekap
  • 1 eiervrug, in klein blokkies gesny
  • sout en varsgemaalde swartpeper

Verhit olyfolie in ’n diep pan. Voeg ui by en braai tot net sag. Voeg tamaties en knoffel by en braai nog so 10 minute. Voeg eiervrug by en geur met sout en peper. Braai oor lae hitte tot eiervrug sag en gaar is. Sit voor saam met hoender.

WENK
Jy kan die ratatouille al die vorige dag maak. Hou in yskas en sit dan by kamertemperatuur voor.