Foto deur Lee Malan

SARIE KOS APRIL/MEI 2013

Foto deur Lee Malan SARIE KOS APRIL/MEI 2013

Pasta

Pasta met hoenderlewers en rooi-uie

Ek steel graag resepte met my oë. Hierdie een kom al die pad van Italië
(Genoeg vir 4 – 6)
Gaarmaaktyd: 20 minute

  • 500 g pennepasta
  • 30 ml olyfolie
  • 30 g (30 ml) botter
  • 2 rooi-uie, in ringe gesny
  • 500 g hoenderlewers
  • 250 ml soetwyn
  • 250 ml room
  • 50 g parmesaankaas, gerasper
  • hand vol pietersielie, gekap
  • paar grasuie (chives) gekap
  • sout en varsgemaalde swartpeper

Kook pasta volgens aanwysings op pakkie. Verhit olyfolie en botter in ’n pan. Braai uie tot gekaramelliseerd. Voeg hoenderlewers by en braai lekker bruin. Voeg soetwyn by en laat wegkook. Voeg room, parmesaankaas, pietersielie en grasuie by. Geur met sout en peper. Voeg gedreineerde pasta by lewers en kook tot sous verdik. Sit dadelik voor.