Foto deur Micky Hoyle

Pasta

Penne met hoenderlewers

(4 porsies)

Verhit 15 ml olyfolie en 15 ml botter in ’n pan. Voeg 1 gekapte ui, 500 g hoenderlewers en 1 fyngekapte knoffelhuisie by. Braai tot hoenderlewers bruin is. Voeg 1 blik (400 g) gekapte tamaties by. Geur met sout en varsgemaalde swartpeper. Laat prut oop vir 20 minute. Sny lewertjies effens kleiner. Kook 1 pak penne-pasta volgens aanwysings op pak en dreineer. Meng pasta versigtig met lewersous en sit voor saam met parmesaanskaafsels.