Cabana Boekuittreksel

Cabana Boekuittreksel

Pluimvee

Pikante-lemmetjie-en-knoffelhoender

Cabana Boekuittreksel Resep

Genoeg vir 4

• 500 g hoenderdye, sonder vel en been
• 6 eetlepels (90 ml) pikante-lemmetjie-enknoffel- marinade
• 1 middelslag- geel soetrissie
• sout en varsgemaalde swartpeper
• 1 hoeveelheid heuningmosterdglaseersel

Sny vet van dye af en plaas vleis in ’n bak. Voeg marinade by en roer deur. Marineer hoender minstens 4 uur of oornag. Maak ’n vuur en wanneer die kole reg is, kan jy begin braai. As jy die oond gebruik, verhit die rooster-element tot hoog. Sny geel soetrissie in skywe en verwyder die vleesriwwe en pitte. Ryg hoenderstukke en soetrissie om die beurt aan 4 of 5 metaal-sosatiepenne en geur liggies met sout en peper. Braai 10 – 12
minute totdat die hoender gaar is. Draai een of twee keer om. Bedrup mildelik met heuningmosterdglaseersel en braai nog 2 – 3 minute tot dit oral goudbruin is. Die hoenderdye behoort ferm te voel as hulle reg is. Verwyder vleis en rissie van die penne en laat vleis paar minute rus. Sit warm voor met suurlemoenwiggies.