Foto's deur Micky Hoyle

Pluimvee

Polenta met hoenderborsies toegedraai in spek

4 porsies
Verhit oond tot 180 °C. Draai 8 ontbeende hoenderborsies toe met 250 g strepiespek. Plaas in oondbak en gooi 30 ml olyfolie oor. Geur met sout en peper. Plaas in oond en rooster vir 20 minute. Verhit 30 ml olyfolie in pan en braai 1 gekapte ui en 1 gekapte knoffelhuisie tot sag. Voeg 200 g klein rosatamaties by, geur met sout en peper en braai vir sowat 10 minute. Gooi oor hoender en rooster verder vir 15 minute in oond. Volg aanwysings agterop pak polenta en sit voor saam met hoender, varsgeskeurde basiliekruidblare en sowat 50 g pecorino-kaas, gerasper.