FOTO Donna Lewis

FOTO Donna Lewis

Pluimvee

Potbraai-hoender

Met Kook en geniet wou S.J.A. de Villiers die huiskok ’n handleiding gee waarmee sy met gemak kan kook en onthaal. Sy het ’n hele 15 bladsye gewy net aan die bereiding van pluimvee. Potbraai-hoender bly ’n staatmaker – probeer my weergawe.

genoeg vir 4

• 1 groot heel hoender
• 2 uie, in skywe gesny
• 4 knoffelhuisies, grofgekap
• hand vol tiemie
• 500 ml beesaftreksel
• 60 ml olyfolie
• sout en varsgemaalde swartpeper

Verhit oond tot 180 °C. Plaas hoender in pot met deksel wat in die oond kan gaan. Plaas res van bestanddele in pot en geur hoender goed met sout en peper. Maak toe met deksel en bak vir 45 – 60 minute of tot die hoender gaar is. Kyk ná 30 minute of daar nog genoeg vloeistof in die pot is, indien nie, gooi nog aftreksel by. Haal deksel af wanneer hoender gaar is en bak hoender oop vir nog 10 – 15 minute of tot goudbruin. Sit voor met potsous.

Laai jou inkopielys af as ’n JPEG