Foto deur Micky Hoyle

Pluimvee

Stowe-hoender(vallée ď Auge)

Resep deur Nadège Lepoittevin-Dasse

Genoeg vir 8
• 4 appels, geskil en ontklok
• 300 g (325 ml) botter
• 2 groot hoenders
• 1 selderystingel, fyngekap
• 1 ui, fyngekap
• 20 g (35 ml) koekmeel
• 160 ml Calvados-brandewyn
• 750 ml hoenderaftreksel
• sout en varsgemaalde peper
• 200 ml crème fraîche

Sny 2 van die appels in blokkies, en ander 2 in 4 dik skywe. Druk vorms uit dik skywe met koekiedrukker. Smelt 60 g van die botter in ’n groot kastrol en braai hoenders tot goudbruin – sowat 8 – 10 minute. Haal hoenders uit kastrol en hou eenkant. Verhit
40 g van die botter tot warm in dieselfde pot. Voeg seldery, ui en appelblokkies by en braai 5 minute. Verwyder kastrol van hitte en roer meel by. Meng goed tot alles in kastrol bedek is met meel. Plaas hoenders terug in kastrol en plaas weer op hitte. Voeg brandewyn by en verhit. Steek aan die brand (flambé) en wag tot vlam wegbrand. Voeg aftreksel by. Bring tot kookpunt. Geur goed met sout en peper. Maak kastrol toe en verlaag hitte tot stadige prut. Kook tot hoenders sag en gaar is. Terwyl hoenders kook, verhit oorblywende 200 g botter oor matige hitte in ’n kastrol. Hou aan verhit tot botter in twee dele skei en boonste laag begin verbruin. Gooi bottermengsel deur moeseliendoek. Plaas helder botter wat deur doek loop, in skoon pot en voeg appelvorms by. Braai oor hoë hitte tot appels goudbruin raak. Hou eenkant. Haal gaar hoenders uit pot. Roer crème fraîche deur potsous. Sny hoenders in porsies en gooi potsous oor. Sit voor met gebraaide- appels en braaiaartappels