FOTO Donna Lewis

Pluimvee

Suurlemoen-jogurt-hoender

6 porsies

• 8 takkies tiemie, fyngekap
• 1 hand vol (30 g) Italiaanse pietersielie
• 2 knoffelhuisies, fyngekap
• 1 ui, fyngekap
• 250 ml Griekse jogurt
• sap en skil van 2 suurlemoene
• 6 hoenderborsies, in groot blokke gesny
• 6 hout-kebabstokkies
• 200 g vars aspersies
• 45 ml kanola-olie
• 1 heel suurlemoen, gehalveer
• sout en varsgemaalde swartpeper

Meng tiemie, pietersielie, knoffel, ui, jogurt, sap en skil van suurlemoene saam. Ryg hoenderstukke op houtstokkie. Plaas in plat bak en geur met sout en swartpeper. Gooi marinade oor. Laat marineer vir 3 – 4 uur of oornag. Dompel aspersies in kookwater vir 2 minute en dreineer. Kry kole reg tot medium-warm. Plaas hoenderkebabs op rooster en braai vir sowat 5 – 6 minute per kant of tot goudbruin en gaar. Wanneer hoender byna gaar is, plaas aspersies op rooster en verf met kanolaolie. Geur met sout en peper. Braai vir 2 – 4 minute. Verwyder van hitte en druk suurlemoensap oor. Sit voor saam met gaar kebabs.

  • Suzanne de Wet

    Ek is gek oor Sarie se respte – leer baie ivm interessante kombinasies en dis soveel gesonder. Het met die verloor van 45kg oor amper 4 jaar geleer dat lekkker eet ook bestaan saam met gesond eet. Ekself is baie lief vir slaaie. Nee, nie die vervelige bak blaarslaai met tamatie kwarte, hompe ui en komkommer tipe nie!!! Baie dankie aan die toetskombuis.