sk0912sesuur04
6 uur tuis, eet half 7

Suurlemoen-knoffel-hoenderboudjies

(4 porsies)

  • 12 hoenderboudjies
  • sap van 1 suurlemoen
  • 80 ml olyfolie
  • 4 knoffelhuisies, fyngekap
  • 15 ml korrelmosterd
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
  • 100 g klein rosatamaties, gehalveer
  • halwe komkommer, pitte verwyder en in dik skywe gesny
  • 100 g babaspinasieblare

Verhit oond tot 200 °C. Sny sowat 3 kepe in elke hoenderboudjie. Meng suurlemoensap, olyfolie, knoffel en mosterd. Plaas boudjies in oondroosterbak en geur met sout en swartpeper. Gooi sous oor en sorg dat dit boudjies goed bedek. Rooster vir 25 – 30 minute in oond. Rangskik tamatie-helftes, komkommerskywe en spinasie op ‘n groot opdienbord en plaas boudjies bo-op.