FOTO Micky Hoyle & Donna Lewis

SARIE KOS OKT/NOV 2012

FOTO Micky Hoyle & Donna Lewis SARIE KOS OKT/NOV 2012

Pluimvee

Tamales – mielie-en-hoender-pakkies

Sit voor met pekelradyse.

4 – 6 porsies

• 6 mielies, met blare aan
• 400 g hoenderborsies
• hand vol kruisement, gekap
• 2 cm vars gemmer, geskil en fyngerasper
• 2 knoffelhuisies, fyngekap
• 2 brandrissies, fyngekap
• 60 ml soet sojasous
• 45 ml olyfolie
• sout en varsgemaalde swartpeper
• 200 ml hoenderaftreksel

Verhit oond tot 180 °C. Verwyder blare van mielies en hou eenkant. Probeer blare so heel as moontlik hou. Bring ’n pot met water tot kookpunt en kook skoon mielies tot sag en gaar, sowat 8 – 10 minute. Gebruik ’n skerp mes en sny die gaar mieliepitte van die stronk af. Plaas hoenderborsies, kruisement, gemmer, knoffel en rissie in voedselverwerker en verwerk tot tekstuur van growwe maalvleis. Voeg sojasous en olyfolie by en meng goed. Geur met sout en swartpeper. Plaas ’n mielieblaar plat op werkoppervlak en skep 2 groot lepels van die mengsel sowat 2 cm van die onderpunt op die blaar. Vou die 2 cm na bo en rol dan die kante van die blaar om die vulsel. Bind oop kant stewig toe met kombuistou. Sit in oondbak en gooi hoenderaftreksel oor. Plaas in warm oond en bak vir 20 – 25 minute of tot goudbruin en gaar.

Laai jou inkopielys af as ’n JPEG of PDF.