Foto deur Micky Hoyle
SARIE KOS APR/MEI 2014

Foto deur Micky Hoyle SARIE KOS APR/MEI 2014

Pluimvee

Tamatiebredie met hoender

Dis beslis my gunsteling-bredie, maar probeer dit ’n slag met hoender.
Genoeg vir 4

• 60 ml olyfolie
• 8 hoenderboudjies
• 4 heel knoffelhuisies
• 3 groot salotte, gehalveer
• 3 takkies vars tiemie
• sout en varsgemaalde swartpeper
• 350 g klein rosa-tamaties
• 250 ml witwyn
• 30 ml olyfolie
• 350 g ranktamaties

Verhit oond tot 200 °C. Gooi helfte van 60 ml olie in ’n oondbak. Sny vel en vleis aan hoenderboudjies se lang bene af en gooi weg. Pak boudjies in oondbak. Pak knoffel en salotte ook in en geur met tiemie, sout en peper. Gooi res van 60 ml olie oor. Maak bak toe met tinfoelie en oondbraai 20 minute in warm oond. Haal tinfoelie af en voeg rosa-tamaties en witwyn by. Oondbraai oop vir sowat 1 uur tot hoender goudbruin en gaar is. Gooi 30 ml olie in ’n kleiner oondbak en plaas ranktamaties in bak. Oondbraai 10 minute. Skep hoender in opdienbakkies en sit ranktamaties bo-op.