Micky Hoyle

Pluimvee

Lemoenhoender

My seun Rudie, wat in Saoedi-Arabië werk, het vir my die saffraan saamgebring.
Genoeg vir 6 – 8

  • sowat 30 ml olyfolie
  • 2 uie, fyngekap
  • 2 knoffelhuisies, fyngedruk
  • ¼ teelepel (1,25 ml)
  • swartpeper
  • ¼ teelepel (2 ml) fyn
  • gemmer
  • knippie saffraan
  • 1 teelepel (5 ml) fyn komyn
  • 1 teelepel (5 ml) borrie
  • 1 kaneelstokkie
  • 1 teelepel (5 ml) fyn
  • koljander
  • 10 – 12 hoenderstukke (porsies)
  • 20 baba-wortels
  • 8 baba-aartappels, met skil
  • 10 klein uie
  • 1 koppie (250 ml)
  • hoenderaftreksel
  • 1 koppie (250 ml) lemoensap
  • sout na smaak

Verhit oond tot 150 °C. Verhitolyfolie in ’n pan. Voeg uie en knoffel by en braai tot sag. Voeg al die speserye by en braai sowat 5 minute. Haal van stoofplaat af en laat effens afkoel. Plaas hoenderstukke in ’n kasserol/bakskottel en voeg die speserymengsel by. Smeer speserymengsel oor die hoenderporsies. Pak wortels, aartappels en uie tussen hoender in bak. Gooi aftrekselen lemoensap oor en geurmet sout. Maak bak toe met deksel en plaas in oond saam met pampoentert. Ons gaan dan kerk toe – die hoender sal so 1½ uur in die oond wees. Terug by die huis haal ek die pampoentert uit die oond en hou dit eenkant warm. Verhoog die temperatuur van die oond tot 180 °C en haal die deksel van die kasserol af. Oondbraai oop tot hoender mooi bruin is. Sit voor saam met rys.