6 uur tuis, eet half 7

Thaise hoender

4 porsies

  • 800 ml klappermelk
  • 30 ml rooi kerriepasta
  • 8 ontbeende hoenderborsies, sonder vel, in stukke gesny
  • 400 g dun groenbone
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
  • 400 g klein rosa-tamaties

Gooi sowat 100 ml van die klappermelk in ’n pan. Voeg kerriepasta by en braai vir 3 minute. Voeg res van klappermelk by en bring tot kookpunt. Voeg hoender en groenbone by en laat vir 5 minute kook. Geur met sout en swartpeper. Voeg tamaties by en laat vir 3 minute kook. Sit voor saam met rys.