Micky Hoyle

Gebak

Sjokolade-Meringuetert

Kors A Verhit oond tot 180 °C. Voer tertbak uit met soetdeeg.Hou oorskiet-deeg. Gebruik 2 x 180 g-bottels sjokoladesmeer(Nutella) vir vulsel. Hou 45 ml eenkant. skep res in tertbak en sprinkel50 g gevlokte amandels bo-op. rol oorskiet-deeg uit en sny sirkel uit wat op vulsel pas. Verf dit met geklitste eier en bak tert 40 minute. Laat afkoel. Klits 4 eierwitte styf en voeg 250g (300 ml) strooisuiker lepelsgewys by. Klits goed ná elke byvoeging. Klits 2 ml kremetart en 10 ml mielieblom by. roer die 45ml sjokoladesmeer liggies deur meringue om marmer-effek te kry skep op vulsel en bak nog 20 minute. Haal uit en laat afkoel.