Foto deur Micky Hoyle
SARIE KOS JUN/JUL 2012

Foto deur Micky Hoyle SARIE KOS JUN/JUL 2012

Kosstories

10-minuut-etes vir die somer + nóg vinnige poedings

Almal moet ‘n betroubare resep hê vir daardie dae wat die tyd vir kook jou inhaal. Soms is jou dag propvol, en is daar bloot nie tyd vir voor die stoof staan nie. Só bly jy weg van ‘n vervelige pakkie noodles

Hier is my staatmaker-resepte vir ‘n ete-binne-10-minute-op-‘n-somersdag:

Liezl se resepte

Spinasie-feta-quiche met pampoenpitte

Spinasie-feta-quiche

genoeg vir 2

  • 2 eiers
  • 200 ml melk
  • sout en swart peper
  • 15 ml olyfolie
  • 50 g pampoenpitte
  • 200 g spinasie, gesny
  • 1 fetakaas wiel

Klits eiers en melk in ‘n bak en geur met sout en peper. Verhit ‘n pan met olyfolie en voeg pampoenpitte by. Braai tot pampoenpitte bars geluide maak en verwyder van hitte.

In ‘n mikrogolf-bestande-bakkie, plaas spinasie, pampoenpitte en fetakaas. Giet eiermengsel oor totdat die bakkie amper vol is. Plaas bakkie in die mikrogoloond vir 1:30 – 2 minute. Sit quiche dadelik voor met ekstra swart peper.

Wenk: Vir iets met meer gewig kan jy altyd gaar hoender by jou spinasie-mengsel voeg.

 

Mediterreense bruschetta

medditerense bruscheta

genoeg vir 2

  • 20 ml olyfolie
  • 1 rooi ui, in 1/8 gesny
  • 4 murgpampoentjies, gehalveer
  • 150g botterskorsie, in dun blokkies gesny
  • 10 kersie tamaties
  • 1 hand tiemie
  • sout en swartpeper
  • 20 g botter
  • 2 ciabatta broodjies, gesny

Verhit ‘n pan met olyfolie oor ‘n medium hitte. Plaas ui, murgpampoentjies en botterskorsie in die pan. Braai groente tot sag. Voeg tamaties en tiemie by, geur met sout en peper. Braai verder tot tamatie se vel bars en skep uit op ‘n bord. Gebruik dieselfde pan en smelt botter daarin. Braai brood snytjies aan albei kante in die pan tot goudbruin. Plaas brood op opdien bord met warm groente bo-op. Sit voor met balsemasyn of bloukaas.

Na jou volgende lang, moeilike dag, probeer die resepte vir blaaskans voor die stoof!

Hier’s nog lekker vinnige resepte op SARIE.com (van Barbara Joubert & Herman Lensing):

sr0905vetkoek-533x800Barbara se basiese vinnige vetkoek

sk1010kondensmelk4

Barbara se vinnige kondensmelkkaaskoek

sk0409sjokkoek08-533x800Barbara se vinnige sjokoladekoek

sr1107kos30min_2_-570x746Herman se vinnige bolognaise

kaaskoekNataniël se vinnige lemmetjie-kaaskoek

Klits-en-Klets Kok

Liezl

Klits-en-Klets Kok Volg my ook nou hier en kook saam:

Twitter: @KlitsenKletsKok

Facebook: Klits en Klets Kok

Instagram: klitsenkletskok